Welkom by Storiewa...
Stories, aanmekaar geweef soos 'n lappieskombers
By Storiewa is ons passievol daaroor om boeiende stories tot lewe te bring op die verhoog. Ons span is toegewy aan die skep van onvergeetlike teater wat by alle gehore aanklank vind. Ons glo in die krag van storievertelling om te inspireer, te vermaak en ons gehore op reis te neem todat die laaste karakter sy buiging maak.
Dit is hier waar kreatiwiteit kundigheid ontmoet. Ons spesialiseer in die vervaardiging van hoë gehalte teaterproduksies wat 'n blywende indruk laat. Ons toewyding aan uitnemendheid dryf ons om saam te werk met talentvolle akteurs, skrywers, regiseurs en kunstenaars.
Klim saam met ons op die wa en laat ons jou die wêreld van stories gaan wys!
Die Bakers & Bloomers span
Jeanne-Lee
Cloete
as Ansophie Luther
'n Jong dame wat rebelleer teen die norms van haar tyd.
.jpg)
Marista
Smith
as Florance Brubaker
Die burgemeester se stylvolle vrou en omgee hart van die dorp.

Gizela
Conradie
as Ira du Pont
Die eiewyse eienaar
van die dorpsbakkery.

Jordan
Human
as Jesper Marbles
‘n Kleurvolle kalant wat al die loswerkies in die dorp doen.

Tommy
Steyn
as Tegnies
Die laaste bietjie “magic” wat enige toneel benodig.

Niel
Cloete
as William Victor
Die sjarmante jongman wat
na Bakersmoore terugkeer .

Christopher
Branders
as Wallace Brubaker
Beide die burgemeester en dominee van Bakersmoore.

Francois
du Plessis
as Otto Fitch
Bakersmoore se flambojante onderwyser.

Amelia
du Plessis
as Verhoogbestuurder
Die absolute steunpilaar
van almal.
